Ellipsis Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brenton Park 26, Lake Brenton, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R720 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ellipses Cottage is op die skilderagtige Tuinroete geleë in 'n natuurreservaat by Brenton Park in Lake Brenton, Knysna. Die naam Ellipses verwys na die drie kolletjies of punte aan die einde van 'n onklaar sin. By Ellipses kan jy ontspan in die natuur en besluit hoe jy jou vakansie wil geniet, dit is jou keuse!
Die kothuis is modern, volledig gemeubileer en geskik vir 4 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens, al die beddens is oorgetrek met lieflike linne. Daar is in uitsonderlike gevalle slaapplek vir nog 2 kinders op ekstra matrasse op die vloer, linne is nie ingesluit nie. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Let asb. daarop dat gaste hul eie handdoeke moet saambring.
Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Maaltye kan in die eetarea genuttig word of op die patio waar daar lekker braaigeriewe is. Die leefarea beskik oor 'n rusbank en verskeie stoele wat rondom 'n TV met SABC-kanale gerangskik is. DStv is beskikbaar teen 'n ekstra koste per dag.
Die kothuis is in 'n parkagtige omgewing geleë, stapafstand vanaf die Knysna-strandmeer met jetty-geriewe, en slegs 5 minute per motor vanaf die hoofswemstrand by Brenton-On-Sea. Die park bied 2 tennisbane, 'n swembad, wasgoedgeriewe en 'n speelraam met baie oop ruimte vir kinders.
Slaapplek
’n Bespreking by Ellipsis Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Brenton Park 26, Lake Brenton, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Ellipsis Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lake Brenton Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brenton Park 26, Lake Brenton, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom