Elshane Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Elshane Guesthouse bied 'n vreedsame en rustige ervaring, tog is dit in die middel van Johannesburg se gewoel geleë. Die gastehuis is in die pragtige voorstad Roodepoort geleë en is gerieflik naby Gauteng se hoofbesienswaardighede soos die Wieg van die Mensdom, Magaliesburg en Pilanesberg.

Die gastehuis het 2 dubbelkamers en 1 gesinskamer, al die kamers het dubbelbeddens en en suite-badkamers met baddens en storte. Al die slaapkamers het DStv en 'n volledig toegeruste kombuisie. Daar is 'n lieflike tuin met 'n sprankelende swembad en 'n lapa met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar onder 'n motorafdak.

Johannesburg se bekendste botaniese tuin, Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin is ook nabygeleë. Florida Junction is binne stapafstand en het 'n hele paar klassieke en kitskosrestaurante.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elshane Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false