Emlanjeni Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Emlanjeni Lodge is in Emlanjeni Privaat Wildreservaat op die oewer van die majestueuse Boesmansrivier sowat 17 km vanaf Kenton-On-Sea.

Die afgesonderde selfsorg-lodge skuil in die rivierplantegroei en bied 3 verhewe eenhede wat deur houtdekke en -paadjies met mekaar verbind is sodat dit voel asof jy deur die bos se blaredak beweeg. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Dit het 'n balkon wat 'n uitsig bied oor die grasvelde wat wemel van die wild. Die tweede en derde en suite-slaapkamers is in die tweede eenheid en het albei 2 enkelbeddens. Dié kamers het groot glas-skuifdeure wat na die bos lei.

Die oopplan-sitkamer, -kombuis en -eetkamer is tussen die 2 slaapkamers en lei na 'n kuier-area buite met 'n lieflike uitsig oor die rivier en bosveld. Kameelperde, buffels, elande, sebras, koedoes, waterbokke, njalas, bosbokke en rooibokke word gereeld rondom die lodge gewaar.

Die rivier is sowat 60 m se stap van die lodge af en word bereik via 'n hek in die elektriese heining. Gaste kan 'n boot hier vasmeer, swem, water-ski, op 'n kano vaar, visvang of 'n paar skemerkelkies op die privaat jetty geniet. Heelwat watervoëlspesies kom soek kos op die modderige oewers tydens laagwater. Die lodge is nie te ver van die Ghio-moeras af nie waar heelwat watervoëlspesies aangetref word, onder andere ook 2 visarende wat daar nesmaak. Flaminke kan ook hier gesien word wanneer die omstandighede geskik is.

Emlanjeni Lodge kan met 'n voertuig bereik word, óf via 'n boot wat op die kronkelende rivier vaar. Die boot vertrek vanaf die skeepshelling waar die Boesmansrivier by die see uitmond. Die pad na die lodge is 'n grondpad wat glad kan raak tydens nat weer. As dit té glad raak, word 'n pendeldiens beskikbaar gestel. Weens die lodge se verhewe ligging is dit moontlik nie geskik vir bejaardes, gestremdes of klein kindertjies nie. Daar is wel relings by die trappe, dekke en houtpaadjies.

Slaapplek

'n Bespreking by Emlanjeni Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Emlanjeni Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 214 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za