Enchanted Garden
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Devon Air-singel 1, Noordhoek, Kaapstad, 7985, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 15
- Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Enchanted Garden bied selfsorgverblyf op 'n kleinhoewe in Noordhoek. Dié woonbuurt bied 'n bekoorlike dorpie-atmosfeer en is aan die voorheuwels van Chapman's Peak, een van die mees skilderagtige passe ter wêreld, geleë. Dié area spog ook met 'n unieke 7 km-lange strand met asemrowende natuurskoon.
Ons bied verblyf in 'n chalet met slaapplek vir 4 gaste en in 'n kothuis met slaapplek vir 2 mense.
Die chalet het 2 slaapkamers, albei met koninggrootte-beddens en die opsie van 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het 'n en suite-badkamer, waarvan die een 'n bad en die ander 'n stort het. Die chalet het ook 'n leefarea en eetkamer met 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis. 'n Houttrap lei na dié luukse chalet. Dit het ook 'n privaat dek.
Die kothuis is afgesonder en intiem met 'n privaat veranda en 'n tuin. Dit het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed met die opsie van 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n leefarea en 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, wasbak en verhitte handdoekrelings.
Albei eenhede het 'n TV met volledige DStv en WiFi. Daar is 'n kluis in elke kamer. Die chalet en kothuis word albei 3 keer per week skoongemaak en bad- en swemhanddoeke word dan vervang. Ons het ook 'n gemeenskaplike, outomatiese wasmasjien beskikbaar vir die eksklusiewe gebruik van gaste. Daar is 'n strykyster en -plank in albei eenhede. Ons het ook 2 swembaddens en 'n beskutte braai-area vir jou gebruik. Jy het ook die gebruik van jou eie toesluitmotorhuis.
Albei dié eenhede grans aan die Tafelberg Nasionale Park. Hier is visarende, valke, jakkalsvoëls, uile en meerkatte 'n algemene verskynsel. 'n Verskeidenheid hoenders, ganse, eende en tarentale wei vrylik op die perseel rond. Ons het ook 4 ponies, 2 worshonde en 'n vark met die naam Penelope. Daar is 'n koivisdam en 'n groot eendedam. Die perseel spog ook met 'n inheemse tuin met 'n wye verskeidenheid fynbos. Hier kan jy 'n sensasionele, ononderbroke uitsig oor die berge, vallei en die see sit en geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Devon Air-singel 1, Noordhoek, Kaapstad, 7985, Wes-Kaap
- Gaste dink Enchanted Garden het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Devon Air-singel 1, Noordhoek, Kaapstad, 7985, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 15