Yzerfontein Akkommodasie by EngelZicht Self-catering Villa | LekkeSlaap
+19
+19

EngelZicht Self-catering Villa

  • Vanaf R3 200 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skoolstraat 30, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

EngelZicht Self-catering Villa bied selfsorgverblyf in 'n stylvolle dubbelverdiepingstrandhuis met see-uitsigte van die patio af. Die villa is in die kusdorpie, Yzerfontein, naby die strand, hawe, winkels, koffiewinkels en restaurante geleë.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, waarvan die eerste twee elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort het, en die derde slaapkamer 2 driekwartbeddens en 'n enkelbedmatras vir 'n kind het. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea en 'n enkelslaapbank op die onderste verdieping vir kinders. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is 'n oopplan-leefarea met 'n TV, kabel-TV en DVD-speler. Die speletjieskamer op die onderste verdieping het 'n veerpyltjiebord, pooltafel en tafeltennis. Parkeerplek is ook beskikbaar in 'n dubbelmotorhuis.

Die groot patio het buitebraaigeriewe en kyk uit oor die swembad en die vuurpit in die tuin. Hier kan gaste ontspan en die pragtige sonsondergang met 'n glasie wyn in die hand geniet. Tydens koeler aande kan gaste by die binnebraai kuier. Doendinge in die omtrek sluit visvang, gholf, voetslaan en wildritte in.

Slaapplek

’n Bespreking by EngelZicht Self-catering Villa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir EngelZicht Self-catering Villa
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Skoolstraat 30, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink EngelZicht Self-catering Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 200
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 200
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skoolstraat 30, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcxYTQwYjVjLTNlYjUtNDQ3OC04OWY3LTFmYTUyYTMwNjFlNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (vir 8 persone) 11 5 1 5 30 School Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.348457306836 18.154580378504
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za