Enniskerry Self-catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Enniskerry is in 'n beeldskone lanbouvallei in die hartjie van KwaZulu-Natal se middellande, sowat 220m vanaf die R103 (die ou Durban-hoofweg) op die D2346, geleë.

Ons bied verblyf in 4 ruim en gerieflike selfsorg-eenhede. Elke eenheid het 'n solder-slaapkamer. Twee van die eenhede het 2 enkelbeddens en 2 het koningingrootte-beddens met hangkaste.

Daar is ook 'n ekstra slaapbank onder in die leefarea in Eenheid 1, 2, en 3. Eenheid 4 het 'n dagbed in die leefarea. Daar is waaiers om die kamers koel te hou in die somer en verwarmers en elektriese komberse sal verseker jy is knus in die winter.

Elke kamer het 'n badkamer onder met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Elkeen het ook 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n bedekte veranda met 'n tafel en stoele met draagbare braaigeriewe buite elke eenheid. Dis die ideale plek om te sit en ontspan en die sonsondergang dop te hou. Tydens die somermaande het ons 'n klein kookkruietuin agter die eenhede en gaste is welkom om blaarslaai en kruie te pluk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Enniskerry Self-catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za