Eshowe Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eshowe Guest House bied gerieflike akkommodasie wat ideaal geleë is vir voëlkyk-entoesiaste en natuurliefhebbers. Die gastehuis is naby aan die ingang van die Dlinza-woud se verhewe plankpaadjie.

Die akkommodasie word aangebied in 4 suites wat smaakvol ingerig is, elk met hul eie ingang en patio buite. Die suites beskik elk oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n aparte toilet. Al die kamers is toegerus met lugversorging, 'n TV met DStv, 'n haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe en WiFi. Gaste geniet toegang tot 'n swembad, veilige parkering en braaigeriewe. Ontbyt word bedien in die pragtig ingerigte eetkamer en selfsorgfasiliteite word ook voorsien in 'n aparte, gemeenskaplike kombuis.

Die dorpie Eshowe is op 'n heuwel geleë en dis ryk in Zoeloe-geskiedenis. Dis hiér waar die Zoeloe-konings voorheen gewoon het. Eshowe is 150 km noord van Durban en hier is 'n hele rits doendinge en besienswaardighede. Dit sluit in: Shakaland Zoeloe-Kultuurdorpie, Fort Nongqayi Museumdorpie, Eshowe Hills-gholfbaan en Dlinza-woud Natuurreservaat. Thula Thula Wildreservaat is minder as 2 ure se ry van Eshowe Guest House af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eshowe Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]