Esmar 7

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Esmar 7 is 'n ruim selfsorgwoonstel met slaapplek vir 6 in Manaba met lieflike see-uitsigte, slegs 600 m vanaf die strand.

Dié dubbelverdieping-eenheid is in 'n sekuriteitskompleks en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lei na die balkon. Die kamer het ook 'n privaat badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n see-uitsig. Die derde kamer het ook 2 enkelbeddens. Die badkamers het baddens en 'n stort. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Die kombuis is op die onderste verdieping en is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Daar is 'n etenstafel en gaste kan in die sitkamer ontspan wat 'n TV het. Gaste moet asb. hulle eie DStv-dekodeerder, -kabels, -afstandbeheer, en -slimkaart saambring. Gaste moet vir Explora-dekodeerders hulle eie skakelaar saambring. Die leefarea lei na 'n patio met braaigeriewe.

Die eenheid het 'n dubbeltoesluitmotorhuis. Ongelukkig word troeteldiere nie in die kompleks toegelaat nie.

Esmar 7 is 400 m vanaf verskeie winkels en 700 m vanaf die getypoel. Margate, Uvongo en die omliggende omgewing bied 'n verskeidenheid van doendinge soos branderplankry, duik, snorkel, swem, bergfietsry, voëlkyk vy die Margate Voëlpark, gholfspeel en nog vele meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Esmar 7 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Esmar 7 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false