Esperant Private Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Esperant Private Game Reserve bied 'n ongelooflike bosveldondervinding vir jou en jou gesin of vriende om bietjie te ontspan, asook stilte en rustigheid vanaf die stad se gejaag.

Esperant is sowat 150 km vanaf Port Elizabeth in die hartjie van die Oos-Kaap en spog met 'n oorvloed tropiese Karoo-plantegroei. Dit grens aan die Visrivier met seekoeie wat rondwandel en is 'n growwe landskap met styl hellings en baie spekbosse.

Dié lodge is 'n klassieke gesellige plaashuis, gebou in 1918, en is onlangs opgeknap. Die huis is op 'n koppie geleë, teenaan die berg met 'n asemrowende uitsig vanaf die dek met braaigeriewe en 'n plonspoel. Dit het al die nodige geriewe en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n groot eetarea en sitarea. Die lodge is toegerus vir selfsorg, maar alternatiewe reëlings kan getref word vir maaltye.

Esperant Private Game Reserve bied wildritte, skemerkelkies in die bos, geleenthede om interaksie te hê met 'n swartwitpensbok en njala en hulle te voer. Daar is ook 'n skietbaan vir skietoefening.

Slaapplek

'n Bespreking by Esperant Private Game Reserve sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Esperant Private Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za