Dwarskersbos  Akkommodasie by Esprit da Sea | LekkeSlaap
+18
+18

Esprit da Sea

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 330 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 5 , Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Esprit da Sea is 'n losstaande drieslaapkamerhuis en is ideaal vir 6 gaste wat op soek is na 'n rustige selfsorgwegbreek. Dié vakansiehuis is in die bekoorlike kusdorpie Dwarskersbos aan die Weskus geleë.

Die huis is volledig gemeubileer en die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n instapstort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, tuimeldroër en wasmasjien.

Daar is 'n eetarea met 'n tafel en sitplek vir 6. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en volledige DStv kan teen ekstra koste gereël word. Die leefarea lei na 'n patio met ingeboude braaigeriewe.

'n Veilige, toesluit-dubbelmotorhuis is beskikbaar. Esprit da Sea is 2 minute se stap van die see af en net 'n entjie se ry vanaf 'n paar winkels en restaurante in Velddrif.

Slaapplek

’n Bespreking by Esprit da Sea sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir Esprit da Sea
Netheid
4.5/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Malgasstraat 5 , Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Esprit da Sea het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 330
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 330
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 330
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 5 , Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJjNGQ0MmE5LTMxY2ItNDA2MS1iMjBjLWFlYTI4MDg0YzI0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 330  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 5 Malgas Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.68217 18.24535
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za