Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Estoril 26

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach E Boulevard, 26 Estoril, Diazstrand, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 575 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Estoril Villa 26 is 'n woonstel met 2 slaapkamers en 1 badkamer. Dit is sentraal geleë in Mosselbaai met gerieflike slaapplek vir 4 gaste. Kom ontspan in hierdie knus woonstel met 'n dek vanwaar jy die see-uitsigte kan geniet. Daar is ook 'n lekker swembad tot jou beskikking.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met of 'n bad of 'n stort, met 'n wasbak en toilet. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n ketel. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër vir jou gerief. Die sitkamer het 'n TV met DStv, 'n goeie klankstelsel en 'n addisionele yskas-vrieskas. Daar is ook oorgenoeg sitplek. Die sitkamer kyk uit oor die balkon wat spog met pragtige see-uitsigte. As jy uitstap op die balkon kan jy die vars seebriesie en die sonskyn geniet en jy het ook 'n swembad en 'n braai tot jou beskikking.

Die woonstel is net 10 minute se stap van die waterkant af. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die Oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en valskermspring.

Slaapplek

’n Bespreking by Estoril 26 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Beach E Boulevard, 26 Estoril, Diazstrand, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 575
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 575
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach E Boulevard, 26 Estoril, Diazstrand, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjNTYwZDc5LTI2NGQtNDU2Zi1hYjhiLTA4OTQ2ZjBmMzI1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 575 per nag (plek vir 4) Beach E Boulevard 26 Estoril 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.161105 22.109144