Estoril 35

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Estoril 35 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Mosselbaai. Hierdie gewilde dorp is bekend vir sy stewelvormige poskantoor, die gewilde Garden Route-kasino, lang goue strande en verskeie natuurlike-, kulturele- en historiese besienswaardighede.

Die woonstel is ten volle toegerus en gemeubileer. Dis op die vierde verdieping en het 2 slaapkamers. Die woonstel spog met lieflike uitsigte oor die see. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus met yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefkamer het gemaklike banke, 'n tafel met sitplek vir 6 en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na 'n balkon met 'n see-uitsig, gasbraaigeriewe en sitplek.

Daar is verskeie doendinge in Mosselbaai, soos diep see visvang, haaihokduik, skeepwrakduik, bootry, rekspring en vryval.

Diaz se waterpark met waterwurms, glyplank en verhitte onderdakswembad is skuins oorkant die woonstelblok.

Ekstras ingesluit is 'n haardroër, strykyster en badhanddoeke.

Geen matriekvakansie-studente sonder ouers.

Slaapplek

'n Bespreking by Estoril 35 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Estoril 35 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false