Excellent Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Excellent Guest House bied luuksheid, gemak, styl en hartlikheid teen bekostigbare pryse in die Bellville-gebied. Die gastehuis is geskik vir sakereisigers, toeriste en selfs Suid-Afrikaners wat familie in die omgewing besoek.

Ons het 'n stil en rustige atmosfeer met 42 smaakvol versierde dubbelkamers met en suite-storte. Die suites is toegerus met warm en koue lugversorging, satelliet-TV, koffiemaakgeriewe, 'n kluis, haardroërs en ekstra details om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak.

Elke kamer het 'n parkeerplek wat gerieflik net buite die kamer is en gaste het 24/7 toegang via elektroniese hekke. Ons kamers word daagliks skoongemaak en 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Geniet 'n heerlike plaasontbyt, waartydens ons jou kan leer ken, so ontbyt hoef nooit gejaag te wees nie. Aandetes word bedien van Maandag tot Donderdag, maar moet vooraf bespreek word. Of jy kan die braaigeriewe onder die grasdak-lapa benut. Andersins kan jy heerlik gaan uiteet by een van die restaurante wat so te sê op ons drumpel is.

Ons is sentraal geleë, etlike minute van al die toeriste-besienswaardighede af. Ons is ook na aan Kaapstad en Tafelberg, Stellenbosch en die wynroetes, gholfbane, Virgin Active Health Club, Zone Fitness, hospitale, groot sake-kantore en die N1-hoofpad.

Indien jy bietjie sand, see en son verlang is dit "net oor die Tygerberg-heuwel", so 30 minute se ry ver. Aan die Atlantiese kus sal jy heeltemal bederf word met 'n keuse van skemerkelkies op die grasperk voor die Blue Peter hotel of op Bloubergstrand, of anders kan jy net 40 minute ry na die uitstekende wit strand van Strand aan die ander kant van die Kaapse Skiereiland. Dit is die ideale plekkie vir swem.

Indien jy graag dobbel is Grand West Casino net 20 minute ver en daar kan jy ook ysskaats op 'n Olimpiese-grootte ysskaatsbaan. Tygervallei, die Sanlam-sentrum, N1-stad en Canal Walk is alles naby en 'n absolute paradys vir koopverslaafdes. Al hierdie bogenoemde plekke het ook rolprentteaters. Die Bellville Velodrome hou dikwels konserte en uitstallings en ons vriendelike diens is natuurlik nie te versmaai nie.

Ons het 42 en suite-dubbelkamers met warm en koue lugversorging, satelliet-TV, tee- en koffiemaakgeriewe en haardroërs. Daar is ook 'n digitale, elektroniese kluis, 'n eetkamer en kombuis, 'n kroeg, 'n kaggel, aandete en ontbyt op versoek, 'n skoonmaakdiens en 'n wasgoeddiens (teen 'n ekstra koste).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Excellent Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za