Franschhoek Akkommodasie by Explorers Club | LekkeSlaap
+9

Explorers Club

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wilhelminastraat 18 , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 850 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Explorers Club is 'n selfsorghuis met Afrikana-dekor en dis gebou waar die oorspronklike spoorweg-kaartjiekantoor in Franschhoek se middedorp was.

Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 en suite-kamers wat almal vanaf ‘n sentrale area lei, asook ‘n kamer met 2 enkelbeddens wat in die oorspronklike gebou se solder skuil.

Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed, ‘n oop kaggel en dubbeldeure wat na ‘n privaat onderdakstoep, swembad en tuin lei. Dié kamer het ook ‘n plafonwaaier, ondervloerse verhitting, ‘n deurstap-aantrekkamer en ‘n groot badkamer met ‘n bad, stort, toilet en dubbelwasbak.

Die tweede kamer het ‘n koningingrootte-bed, ‘n plafonwaaier en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die derde kamer het ‘n stapelbed vir kinders en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad, wasbak en toilet.

Trappe lei na die ou kothuis se solder waar die vierde kamer is. Dié kamer het 2 enkelbeddens wat in ‘n koninggrootte-bed omskep kan word, ‘n dakvenster en ‘n oopplan-badkamer met ‘n bad en wasbak.

Explorers Club bied ‘n groot oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Daar is 2 sitareas in die leefarea waarvan een na die stoep lei en die ander ‘n kaggel en ‘n platskerm-TV met DStv, lugversorging en WiFi het. Die kombuis is volledig toegerus en daar is ook ‘n binnebraai.

Slaapplek

’n Bespreking by Explorers Club sluit in:

Koninggrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbedjie
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xStapelbed
1 xKindermatras vir 1
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Wilhelminastraat 18 , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R8 850
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R8 850
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wilhelminastraat 18 , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUVGtr5Bbxuh4YiHwzCiasCvDcMYm02McAmSChwRjGWrf4NNHRs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R8 850  per nag (vir 10 persone) 18 Wilhelmina Street Franschhoek 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.912141129748 19.118931474869
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za