Exquisite Cottage 20

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Exquisite Cottage 20 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvolle kothuis in die skilderagtige Belvidere Manor.

Dié lieflike kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n vrystaande bad en stort. Dit is 'n ruim slaapkamer met Franse deure wat oopmaak op die balkon met 'n uitsig oor Knysna se strandmeer en Belvidere Manor se pragtige tuine. Hou jou oë oop vir die fraai Knysnaloeries terwyl jy rustig ontspan met 'n glas wyn, 'n koppie tee of 'n boek. Die tweede slaapkamer is onder en het 2 enkelbeddens. En daar is 'n badkamer met 'n stort langs hierdie slaapkamer.

Verder het die kothuis 'n moderne kombuis, eetarea en 'n pragtige woonkamer wat elegant en gerieflik gemeubileer is. Die woonkamer lei na 'n ruim stoep met gerieflike sitplek waar gaste ure lank in rus en vrede kan ontspan. Verlustig jouself in die luuksheid en saligheid van die kothuis, of stap met die wandelpaadjie deur die lieflike tuine tot by die soutwaterswembad. Dan is daar ook die mooi paadjie na die jetty, The Bell se heerlike plaaslike bier en "pub lunches", en tee en skons by die historiese herehuis op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Exquisite Cottage 20 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Exquisite Cottage 20 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false