Fagans

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fagans is 'n pragtige tweeslaapkamer woonstel op privaat eiendom in 'n groot tuin met fynbos en grasperk. Dit is slegs 500 tree van swemstrand en 200 tree van naaste winkels en restourante, dws loopafstand van alles waarheen jy wil gaan op Struisbaai.

Die oopplan sitkamer en kombuisarea het 'n sitkamerstel en tv. Die TV is gekoppel aan 'n skottel, maar u moet u eie dekodeerder bring vir DStv.

Die kombuisarea het 'n vierplaat stoof en oond, 'n yskas/vrieskas kombinasie, 'n mikrogolf, ketel en broodrooster, asook kombuisgereedskap.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, dws slaapplek vir 4 persone.

Die badkamer het 'n oop stort, 'n regte outydse gerestoureerde pootjiesbad, 'n wasbak en toilet.
Voor die woonstel is 'n onderdak stoepie met sy braai op wieletjies, en die groot tuin met beperkte see-uitsig opparty plekke. Laer af in die tuin is nog 'n braai area.

Met sy plankvloer, interesante vorms van die slaapkamers en mooi badkamer, is Fagans 'n baie lekker woonstelletjie, ideaal vir 'n lekker vakansie vir 4 mense of minder.

Slaapplek

'n Bespreking by Fagans sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fagans gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false