Fairview House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fairview House bied verblyf in The Crags wat op die bekende Tuinroete geleë is. The Crags lê tussen Plettenbergbaai en Nature's Valley en was so genoem omdat mens 'n asemrowende uitsig oor die inheemse woud en bergreekse het.

Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Daar is nog 'n formele sit- en eetarea.

Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kamer lei na 'n privaat stoep. Die tweede en derde slaapkamer is op die boonste verdieping. Die twee kamers deel 'n badkamer wat 'n stort het.

Die kamers kan buite seisoen apart bespreek word op 'n B&B-basis. Tydens seisoentyd word dit slegs as 'n geheel verhuur as 'n selfsorg-eenheid.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea langs die kombuis het 'n groot kaggel en 'n ronde etenstafel met stoele. Die formele eetarea het sitplek vir 8. Die tweede formele sitarea het 'n klavier en 'n kaggel. Dié area lei na 'n beskutte stoep met buitemeubels en 'n asemrowende uitsig. Die eenheid spog met 'n swembad wat tussen die fynbos weggesteek is.

Slaapplek

'n Bespreking by Fairview House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fairview House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 250 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false