Fairways Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fairways Boutique Hotel is direk langs die hoofswemstrand in Salt Rock geleë. Dit is eksklusief ontwerp met net 12 luukse suites vir die oordeelkundige vakansieganger, sakereisiger of konferensieganger met weelderige mahonie-houtmeubels in al die suites.

Al ons suites het 'n bad en stort, badjaponne, kroegie, DStv, gratis WiFi, balkonne en lugversorging. 'n Ontbytrestaurant, formele eetkamer, pragtige tuine, swembad, Jacuzzi en oorgenoeg veilige parkeerplek van die straat af is ingesluit. Die hotel bied smullekker Engelse en kontinentale ontbyte en driegangmaaltye indien dit versoek word. Klein konferensies is welkom en ons kan tot 18 insittendes akkommodeer. Doen asb. navraag oor ons konferensiepakkette.

Fairways is naby aan al die geriewe geleë. Verskeie goeie restaurante is naby. Salt Rock het 'n rustige ambiance alhoewel dit naby die gewoel van Ballito geleë is. Ballito bied alles wat jy benodig: inkopiesentrums, filmteaters, restaurante en 'n opwindende naglewe. Diepseeduik of visvang, dolfyn/walviskyk, skubaduik, seilplankry, perdry, vierwielmotorfietsry, mikrovliegtuigvlugte of helikoptervlugte is maar van die aktiwiteite wat in die nabye omgewing beskikbaar is. Die omgewing is 47 km noord van Durban op die KwaZulu-Natalse Noordkus geleë en staan bekend as die pêrel van die Dolfynkus en is die hartjie van die uitgestrekte kuslyn. Salt Rock is omring deur goue strande en die warm Indiese Oseaan. Dit is veral bekend vir sy veilige en pragtige strande. Die hoofswemstrand oorkant die hotel word met haainette en lewensredders beskerm en spog ook met 'n groot getypoel vir die jonges. Ons gaste is ook welkom by die verskeie wêreldklas-gholfbane, insluitend Zimbali, Princes Grant en Umhlali om maar 'n paar te noem.

Wat jy ook al verkies, wees verseker dat Fairways sentraal geleë is, maar steeds 'n rustige en ontspanne atmosfeer bied.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fairways Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 490 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false