by FAK Udolpho Rivierplaas | LekkeSlaap
+198

FAK Udolpho Rivierplaas

  • Kapasiteit: 232 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R280 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

FAK Udolpho Rivierplaas is aan die oewer van die Vaalrivier geleë, net 10 km buite Parys. Dit is ideaal vir groepe of gesinne wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek.

Verblyf is beskikbaar in die Sally Williams Gastehuis vir 6 gaste, Mooifontein Gastehuis vir 10 gaste, die Trek Ferreira Gastehuis, die Nalekoker-eenheid vir 2 gaste en die Japie my Skapie Huis vir 7 gaste.

Die Sally Williams Gastehuis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 enkelbeddens, en gemeenskaplike badkamergeriewe. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en gaste kan in die sitkamer voor die TV met DStv ontspan. Die leefarea lei na 'n stoep met privaat braaigeriewe met 'n uitsig oor die rivier.

Mooifontein Gastehuis is op die oewer van die rivier geleë en beskik oor 4 slaapkamers met dubbelbeddens en enkelbeddens. Twee van die slaapkamers is en suite. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en gaste kan in die sitkamer ontspan. Die huis het 'n privaat lapa met braaigeriewe met 'n uitsig oor die rivier.

Die Trek Ferreira Gastehuis is op die rivieroewer geleë en beskik oor 3 slaapkamers wat dubbel- en enkelbeddens het, asook 'n badkamer deel. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en gaste kan lekker in die sitarea ontspan. Dié area lei na 'n stoep met privaat braaigeriewe en 'n uitsig oor die rivier.

Nalekoker 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en die eenheid lei na 'n stoep met privaat braaigeriewe en 'n uitsig oor die rivier.

Japie my Skapie is op die oewer van die Vaalrivier en beskik oor 2 slaapkamers en 1 solderkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed in die solderkamer het 3 enkelbeddens. Die huis het 2 badkamers, een met 'n stort, toilet en wasbak, en die ander een met 'n bad, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus en die stoep het eetgeriewe.

Besoekers aan die FAK Udolpho Rivierplaas het toegang tot 'n swembad en doendinge op die plaas sluit visvang en stap in. Gaste kan die Casa Cara Lodge, 'n eksotiese dierepark en die Willow Banks Lodge vir wynproe besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir FAK Udolpho Rivierplaas
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
  • Gaste dink FAK Udolpho Rivierplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R280
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R280
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 232 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZkC9BoqcJIAm8afEstJMka0EH67BfwjjPvZ4NnDmGPDcvujNWg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R280  per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 Off the S1052 Udolpho Farm 9858 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.860060976701 27.484072575738
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem