Falaza Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Falaza Game Lodge is in privaat besit en bied luukse verblyf in tente, asook 'n verskeidenheid outentieke bosveld-ervarings in 'n inheemse ligging. Dit is net 3 ure se ry op 'n skilderagtige roete van Durban Internasionale Lughawe af en net 100 km van Richardsbaai se lughawe af.

Falaza Game Lodge is langs die wêrelderfenisterrein van St. Lucia, en ook naby die bekende Hluhluwe-Imfolozi Wildreservaat wat spog met die Groot 5, die fassinerende koraalriwwe en duikplekke in Sodwanabaai. Daar is talle doendinge en opwindende geleenthede in die omgewing.

Die luukse tente bied 'n ware safari-atmosfeer. Die verblyf voorsien aan alle behoeftes en sluit ruim aantrekkamers, en suite-badkamers en private sondekke in.

Gaste kan hulle verlustig in hemelse spa-behandelings of wildkyk te voet, met 'n boot of in oop 4x4-voertuie aanpak.

Die Lodge is toegewyd aan 'n grasieuse tipe gasvryheid en gaste se individuele versoeke is 'n top prioriteit.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Falaza Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 530 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false