LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Far Away Place | LekkeSlaap
+120

Far Away Place

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Currys Post-weg, Whinstone Landgoed, Curry's Post, 3295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Far Away Place is ’n selfsorg-instansie in die hartjie van die idilliese Midlands Meander wat 'n lieflike uitsig oor die Karkloofvallei bied.

Die instansie word deur ’n gay-paartjie besit. Gaste kan in die damme op die perseel forelhengel. Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorgkothuise, die Dashy-kothuis en Nguni-kothuis. Die kothuise is 80 meter van die eienaars se hoofhuis af en is redelik privaat weens die bome en struike tussen die hoofhuis en kothuise.

Dashy-kothuis het slaapplek vir 5 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed in die een kamer en 'n dubbelbed en enkelbed in die ander kamer. Die badkamers het storte en toilette.

Die kombuis is ten volle toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en ’n platskerm-TV met Netflix teen die muur. Daar is nie DStv of satellietkanale nie, maar gaste kan enige toestelle aan die slim-TV koppel. Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike stoep met buitemeubels en 'n etenstafel.

Nguni-kothuis bied ’n mooi uitsig oor die Karkloofvallei en weivelde tot by die woud. Dié kothuis het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 kamers en ’n solderkamer. Daar is ook 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte en toilette. Al die beddens het Egiptiese katoenlinne.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorgverblyf en daar is 'n kaggel en 'n TV met Netflix teen die muur in die sitarea.

Daar is 2 damme op die perseel en indien gaste wil, kan hulle hier swem.

Die gashere, Mark en Lee, is sosiale mense wat mal is oor hul vriendelike dierekinders. Hulle is ook kranige bergfietsryers en gee graag raad oor die omliggende roetes in die woud. Die kothuise is 5,4 km vanaf Terbodore Coffee Roasters in Old Currys Post-weg en 16,2 km vanaf Nottingham Road.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Far Away Place
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Old Currys Post-weg, Whinstone Landgoed, Curry's Post, 3295, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Far Away Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Currys Post-weg, Whinstone Landgoed, Curry's Post, 3295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39712772c81b9e936e6aebcedbf1d224ec89b598834db32fa8833b12f31b226c51a87a70dda1f320a7aac3d95b20d912cb04?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 Old Currys Post Road Whinstone Estate 3295 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -29.323776230424 30.118841288361
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!