Farm Little Stonehaven

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Farm Little Stonehaven is naby die N4 tussen Nelspruit en Malelane geleë. Dié wildplaas spog met die Mountain Range Perdryroetes wat oor 2000 hektaar strek en waar ruiters terselfdertyd wild kan sien. Verblyf is beskikbaar in 'n kliphuis met slaapplek vir 6 of 'n kothuis met slaapplek vir 2.

Die kliphuis het 'n oopplan-uitleg met 'n stoep reg rondom en uitsigte tot in die verte. Daar is geen aparte kamers nie - alles vloei in mekaar. Die eenheid het 'n dubbelbed en 6 enkelbeddens, asook lekker groot rusbanke en 'n unieke braai-area. Die storte en toilette is in 'n aparte gebou wat ook pragtige uitsigte bied. Die kombuis is toegerus met die basiese, soos 'n yskas, gasstoof, eetgerei en 'n enorme opdien-toonbank.

Die kothuis het 1 slaapkamer en is op die rand van 'n granietkoppie. Die gemaklike dubbelbed en lugversorging sal 'n heerlike nagrus verseker, met voëltjies wat jul soggens wakker sing. Die besonderse kombuis het 'n uitsig oor die vallei en is toegerus met 'n gasstoof, yskas, mikrogolf en binnebraai. Daar is ook braaigeriewe buite. Snags heers daar 'n dawerende stilte, want hier is geen bure óf 'n TV nie!

Kenmerke

  •  Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Farm Little Stonehaven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za