Featherbrook Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 22, Lushof Plotte, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Featherbrook Cottage is in die bosveld aan die oewer van die Letabarivier geleë en is bekend vir sy voëllewe. Die roep van die visarend kan gehoor word soos dit oor die rivier eggo en die seekoeie is dikwels te bespeur waar hulle in die son lê en bak of saans op die grasperk wei. Die perseel is sowat 'n uur en 'n half se ry na die Krugerwildtuin en sowat 20 minute van Tzaneen af.
Die losstaande kothuis het slaapplek vir 6 gaste in 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens en beskik oor 'n oopplan-kombuis met 'n opwasvertrek en 'n leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf, terwyl die sitarea 'n TV met 'n volledige DStv-pakket het. Die kothuis word aangedryf met sonkrag, het gratis WiFi en bied 'n patio wat uitkyk oor die bosveld, asook 'n boma wat vir braai gebruik kan word. Die kothuis word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae.
Die kothuis is op 'n 4 ha-perseel met 'n elektriese heining geleë en strek tot by die Letabarivier. Gaste het toegang tot die perseel via 'n elektriese hek. Dit is die ideale vakansiebestemming vir gesinne en diegene wat fietsry, hengel en voetslaan. Magoebaskloof Canopy Tours is sowat 40 minute ver en die omgewing bied aan sakereisigers die geleentheid om in rus en vrede te bly.
Slaapplek
’n Bespreking by Featherbrook Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Leadwoodstraat 22, Lushof Plotte, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Gaste dink Featherbrook Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tzaneen Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 22, Lushof Plotte, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom