LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Feathers | LekkeSlaap
+17

Feathers

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisweg 1266, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Feathers is 'n pragtige selfsorghuis in Marlothpark op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die Krokodilrivier skei Marlothpark en die Krugerwildtuin, en gaste gewaar gereeld wild wat by die rivier kom water drink.

Marlothpark spog ook met sy eie wild wat tussen die eenhede wei, soos sebras, kameelperde, koedoes, rooibokke en vlakvarke. Dis 'n voëlkykersparadys en daar is selfs 'n hardewarewinkel, 'n snuisterywinkeltjie en 'n drankwinkel in die park.

Feathers het slaaplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -eetarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Daar is 4 kamers met lugversorging. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens met muskietnette en 'n en suite-badkamer. 'n TV met Openview-kanale is in die sitarea beskikbaar.

Die moderne kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n gasstoof, elektriese oond, 2 yskas-vrieskaste en 'n ekstra kisvrieskas in. Langs die oopplan-kombuis is daar 'n etenstafel met 10 stoele. Die leefarea het stapeldeure wat toegang bied tot die swembad en braai-area buite. Daar is ook 'n lapa langs die plonspoel.

'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen 'n ekstra fooi beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Feathers sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Volstruisweg 1266, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisweg 1266, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASkpThpQPi0Sxraux08KAdRv2p1cOkbJ2oFGkXnmx0um739elUY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 10) 1266 Volstuis Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.356823 31.765805
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!