Fernhill Guest Farm
Kry 35% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Mei 2021 tot 24 Jun 2021.
- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 000R650 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Fernhill Guest Farm is net buite Knysna in die mooie Rheenendal. Die area is bekend vir oerwoude, fietsry- en voetslaanroetes en oulike eetplekke soos Famous Tottie's Farm Kitchen, waar elke ete 'n geleentheid is.
Fernhill Guest Farm is net 15 minute se ry van Knysna af, asook die Buffalo Bay-strand. Dit is 20 minute se ry van Sedgefield af waar gaste die bekende Saturday Wild Oats Mark kan besoek.
Daar is 4 Plaaskothuise met 'n uitsig oor die plaaskampe waar plaasdiere rustig wei, wat die ideale omgewing skep om heerlik saam met vriende en familie te braai en rustig te raak. Die kothuise het slaapplek vir 6 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die leefarea het 'n slaapbank vir 'n vyfde of sesde gas en die kombuise is goed toegerus vir selfsorg. Daar is 'n kaggel en die wonderlikste skaduryke stoep met 'n ingeboude braai. Dit is die moeite werd om vroeg op te staan vir die ononderbroke uitsig oor die sonsopkoms.
Vir diegene wat graag stap, is daar pragtige roetes op die plaas van 56 hektaar. Gaste is welkom om honde teen 'n ekstra fooi saam te neem, want die volledig omheinde huisies is troeteldiervriendelik. Hierdie area is ook baie gewild onder bergfietsryers, so bring jou fiets en verken hierdie streek wat deel uitmaak van die 7 Passes-roete tussen Knysna en George. Die kothuise is in 'n bewarea geleë, en behalwe vir die plaasdiere is daar ook baie vrylopende wild, insluitend bosbokke, bosvarke, luiperds, ape, bobbejane, ystervarke en 'n groot verskeidenheid voëls.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Gaste dink Fernhill Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom