Ferrox

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ferrox is 'n netjiese selfsorgvakansiehuis in 'n stil deel van die Danabaai-bewarea in Mosselbaai in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na gerieflike verblyf na aan verskeie doendinge op die Tuinroete.

Die huis het regdeur teëlvloere en dis rolstoelvriendelik. 'n Veilige, beskutte parkeerplek is agter 'n motorhek met afstandbeheer beskikbaar.

Die tuinhuis beskik oor 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Ferrox het 'n ruim kombuis en eetarea en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond en oorgenoeg ingeboude kaste met breekware, eetgerei en ander geriewe. Die groot omheinde tuin is ideaal vir kinders wat wil fiets of hardloop. Daar is ook 'n sandput.

Die sitkamer het 'n netjiese sitarea met 'n platskerm-TV met volledige DStv en WiFi kan gereël word. Daar is braaigeriewe en vuurmaakhout word gratis voorsien en daagliks aangevul.

Winkels, restaurante, strande, museums, asook land- en watersportsoorte is naby geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Ferrox sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ferrox gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false