Boland Akkommodasie by Fijndraai Villas | LekkeSlaap
+145

Fijndraai Villas

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 64 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fijndraai Landgoed, Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Fijndraai bied verblyf in nuut opgeknapte een- of tweeslaapkamer-kothuise wat op 'n wyn- en perdeplaas, sowat 10 minute se ry vanaf Stellenbosch, geleë is. Elke kamer het 'n ruim en suite-badkamer. Die kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis, met 'n sit- en eetarea, asook 'n kaggel, en as jy van die patio af trap, is jy by die oewer van 'n lieflike dammetjie.

Fijndraai Villas is 'n boetiek-wynplaas met perde en pragtige wingerde. Ons produseer Mediterreense-styl wyne en olyfolie.

Hierdie is 'n perfekte wegbreekplek, hoewel dit steeds naby al die besienswaardighede van die omliggende area (met maklike toegang via die hoofweë) is. Die landgoed is tussen Stellenbosch en Somerset-Wes geleë, sowat 30 minute van Kaapstad, 20 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe en 15 minute van die naaste strand af. Die perseel is kindervriendelik en baie veilig met 'n sekuriteitswag in die aande.

Die landgoed is tussen bekende wynplase geleë. Besoekers het 'n magdom opsies in terme van daguitstappies en gastronomiese ervarings. Die naaste kruidenierswarewinkel is 8 minute van die landgoed af. Vir daardie laaste-minuut benodighede - melk, brood en vrugte - is daar ander kleiner winkels net buite die landgoed. Bedekte parkeerplek is beskikbaar by die kothuis, en ons verskaf handdoeke, linne en basiese toiletgeriewe by aankoms. Daaglikse skoonmaakdienste is teen 'n addisionele koste beskikbaar, en moet vooraf gereël word.

Let asseblief daarop dat daar geen troeteldiere in die kothuis bly nie, maar omdat dit 'n plaas is, loop daar mak diere op die perseel rond. Ons het perde, eende, ganse en 'n paar klein, wilde diere.

Daar is bergfietsroetes rondom die plaas. Omdat die omgewing veilig is, is dit ook die ideale plek om te gaan stap of draf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Fijndraai Villas
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Fijndraai Landgoed, Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fijndraai Villas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Boland Wes-Kaap
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 64 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fijndraai Landgoed, Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8AGCYrDL3Wk16Ql1XgMAlXnPt2aAE4Ah16m6a0oAkWjKC9Ux25?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Fijndraai Estate Annandale Road 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.996225796441 18.770311440921
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za