Finchley Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 27 Mrt 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Finchley Guesthouse is in Kampsbaai geleë en het 6 sonnige en suite-kamers waaruit jy kan kies as jy by ons sou kom bly.

Ons is net 7 minute se stap van die lewendige Kampsbaai-strand af. Gaste kan asemrowende see-uitsigte vanaf die balkon geniet of net verwonderd staan voor die Twaalf Apostels. Kampsbaai spog met pragtige sonsondergange regdeur die jaar.

Ons sit 'n stewige ontbyt voor waaraan jy kan smul terwyl jy jou dag beplan, ons sal jou al te graag bystaan indien jy hulp nodig het. Ons tuin en swembad bied jou die kans om te ontspan en bietjie jou batterye te herlaai voor jy jouself regkry vir smakie van wat Kampsbaai se naglewe bied.

Ons vriendelike personeel verseker dat jou verblyf by ons spesiaal is en dat jy telkemale terug sal keer.

Die kamers teen die see het lugversorging. Daar is 6 en suite-slaapkamers en elke kamer het of 2 enkelbeddens, of 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed. Al die beddens is oorgetrek met kraakvars, wit katoen-perkallinne. Elke kamer beskik oor satelliet-TV, gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kluis en 'n yskas. Ons kamers bied almal wonderlike see- en berguitsigte. Daar is 'n wasgoeddiens beskikbaar teen 'n ekstra koste. Elke oggend sit ons 'n heerlike Kontinentale ontbyt voor met 'n daaglikse spesiale eier-aanbieding.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Finchley Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 R1 040 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 27 Mrt 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za