Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

First Group Kowie River Chalets

Selfsorg
Drieslaapkamerwoonstel
Vanaf R3 150
R3 150 R2 520
per eenheid
Beskrywing

Die dupleks-eenhede is gerieflik ingerig vir 6 gaste elk en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n bad en 'n toilet en die ander het 'n stort en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Die sitkamer het 'n TV met DStv en dit bied toegang tot 'n dek met braaigeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang
Badkamer
  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware
Kamergeriewe
  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof
Ekstras
  • Tee en koffie skinkbord
Vermaak
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die Jacuzzi is beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Die aantal gaste op die gastesertifikaat mag nie oorskry word nie. Die gas wat op dié sertifikaat genoem is, sal aanspreeklik gehou word om te sorg dat alle gaste die bepalings en voorwaardes van die bespreking en die oord se reëls nakom.

Let wel dat dele van die chalets via trappe bereik word en nie geskik is vir kinders, bejaarde gaste en gaste met gestremdhede nie.

Dit is gaste se eie verantwoordelikheid om kennis te neem van die oord se geriewe, die koste van die gebruik daarvan, asook die breekskade- en ander addisionele fooie wat met inklok betaalbaar is.

Dit is gaste se eie verantwoordelikheid om seker te maak dat enige spesiale versoeke (bv. rolstoelvriendelike eenhede) direk aan die oord gerig word.

Gastesertifikate en ID-boekies moet getoon word wanneer gaste inklok om toegang tot die oord te kan kry.

Alle gaste moet kennis neem van, en toestem tot, die oord se reëls.

Inkloktye word op die gastesertifikaat aangedui en word streng gehandhaaf, aangesien dit deur die oord bepaal word.

'n Vrywaringsvorm sal saam met die gastesertifikaat aan gaste gestuur word. Die vrywaringsvorm moet ingevul en geteken word en ingehandig word wanneer gaste inklok.

Die oord se vrywaringsvorm moet oorhandig word voordat gaste die sleutels kan ontvang.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R3 150
R3 150 R2 520
per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oriole-weg, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF2DDblbvq0nRR9FNs16Nav7qDIBmfdu29p5bNsj3TfVFyiLrid?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 150 nouVanaf R2 520 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Oriole Road Port Alfred 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.602880239945 26.896592501328
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem