LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fisherhaven Traveller's Lodge | LekkeSlaap
+69

Fisherhaven Traveller's Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fisherhaven Traveller's Lodge is naby die Botrivierstrandmeer in Fisherhaven, en dit is sentraal vanaf die Overberg-besienswaardighede. Dit is 'n vreedsame kusdorpie op die pad tussen Kaapstad en die bekende walviskykdorp, Hermanus. Fisherhaven is ook bevoorreg om die weiveldgrond te besit waarop die Rooisand-wilde perde hulself gevestig het. Ons is net 92 km van Kaapstad se Lughawe af en 11 km wes van Hermanus.

Ons bied verblyf in 4 rookvrye kamers en al die kamers is bo. Die N1 en N2 en suite-kamers het 'n dubbelbed met elektriese warmkomberse en enkelbed, 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n paneelverwarmer en 'n waaier, TV met DStv, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.

Die R43 het 2 enkelbeddens, 'n losstaande verwarmer, 'n tafel, hangkas,'n en suite-stort en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die gesin-suite het 2 kamers; Kamer 1 het 'n dubbelbed met elektriese warmkomberse, 'n platskerm-TV met 'n USB-poort en DStv, waaier, verwarmer, haardroër, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Kamer 2 het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer met 'n hoekbad/stort en 'n wasbak, en nog 'n kamer met 'n toilet en wasbak.

Die lodge bied billike verblyf met gratis WiFi, veilige parkeerplek op die perseel, 'n skadu-tuin en 'n sitarea, 'n binnenshuise swembad, asook binnebraaigeriewe.

Al ons gaste het toegang tot die gaste-sitkamer met gemaklike banke. Die kombuis het 'n broodrooster, ketel, yskas, induksieplaat, 'n mikrogolf, potte, panne, breekware, eetgerei en 'n eetkamerstel met sitplek vir 6.

Besprekings vir groot groepe word ongelukkig nie toegelaat nie en besoekers is nie welkom nie. Partytjies is ook nie toelaatbaar nie.

Daar is baie plekke om te besoek en dinge om te doen in en om die Overberg soos walviskyk, haaihokduik, wynproe, fietsry, seilplankry, kajak-avonture en voetslaanroetes. Verder is daar ook interessante rotspoele en goeie swemplekke met eindelose strande waaronder Grottostrand, Voëlklip, Onrus, Sandbaai, Kleinmond en Hawstonstrand. Gaste kan ook die nabygeleë Botaniese Tuine en die pikkewynkolonie by Stony Point in Bettysbaai besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 49 resensies vir Fisherhaven Traveller's Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fisherhaven Traveller's Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbw6eeTR7ytvHnYP1ufKUwTROjm8QlIkVNgDlONUscYsegWO9Be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650  per nag, vir 2 mense 49 5 1 5 20 China Marais Avenue Fisherhaven 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.364856715666 19.137705906746
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!