Port Owen Akkommodasie by Fisherman Cottage | LekkeSlaap
+17

Fisherman Cottage

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 26, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Fisherman Cottage is 'n selfsorgkothuis in Velddrif langs die Bergrivier. Hier kan gaste 'n asemrowende sonsondergang van die stoep af geniet terwyl die braaivleisvuurtjie langsaan knetter of van die privaat jetty af hengel. Daar is selfs 'n sleephelling net 500 m ver as gaste hulle boot wil saambring. Plaaslike vissermanne en roeiers vertrek ook daagliks van hier af op die Bergrivier. Soggens vlieg duikers sowat 500 m see toe en keer saans terug na hul neste in die soutpanne.

Fisherman Cottage het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer is onder en het elk 'n koningingrootte-bed en genoeg ingeboude kaste. Die derde slaapkamer is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens en plek om klere te hang. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 in die eetarea en die sitarea het 'n kaggel vir koue wintersaande.

Buite die kothuis is 'n onderdakstoep met buitemeubels en ingeboude braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Fisherman Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Fisherman Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Rivierstraat 26, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fisherman Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 26, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAUPN8EkkUkEMZajuR8eaO4G2mOWF5Y6XicnR3yfXRjbTj5IuVJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 26 River Street Velddrif 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.778099373018 18.151622913388
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za