Fishermans Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fishermans Flat is stapafstand van die dorpie St Lucia af. Dit is in die hartjie van Zoeloeland geleë en bied gerieflike verblyf vir 6 mense.

Die woonstel is op dieselfde perseel as die hoofhuis en dit bestaan uit 2 slaapkamers met lugversorging, wat 'n badkamer met 'n bad en stort deel. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens, en die tweede kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed en is dus geskik vir ouers met kinders. Ons voorsien linne en handdoeke.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond en stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en al die nodige eetgerei en breekware. Die leefarea beskik oor satelliet-TV en bied toegang tot die patio.

Gaste kan gebruik maak van die onderdak-braaigeriewe en swembad, en daar is 'n klimraam wat die kinders ure aaneen besig sal hou.

Ons voorsien veilige onderdakparkeerplek en die woonstel word daagliks skoongemaak. Die eenheid is troeteldiervriendelik, maar let asseblief daarop dat daar ook troeteldiere is wat in die hoofhuis woon.

Verskeie doendinge en besienswaardighede is in die omgewing beskikbaar en dit sluit in: wildkyk, visvang, stap en voetslaan asook die Igwalagwala natuurroete en riviermonding, die Hluhluwe Wildreservaat en Kaap Vidal.

Fishermans house is 'n skakelhuis. Fishermans house en Fishermans flat is langs mekaar gelë op 'n groot losstaande eiendom.

Fishermans house het 4 slaapkamers en is perfek vir 'n groot gesin. Die hoofslaapkamer het 'n dubblebd en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak en 'n groot stort. Dié slaapkamer bied toegang tot 'n gemeenskaplike swembadarea, en beskik ook oor 'n groot kluis.

Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het. Die derde slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed wat perfek is vir ouers wat met hul kinders deel. Die hoofslaapkamer en die 2 ander slaapkamers het lugversorging. Die derde slaapkamer het 'n groot plafonwaaier.

Die TV- of vermaakkamer het 'n TV met volledige DStv. Die moderne kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n dubbel-yskas, oorgenoeg pakplek, elektriese toebehore soos 'n mirkogolfoond, 'n ketel en 'n broodroosters. Daar is ook 'n groot gasstoof en -oond. Die kombuis bied toegang tot 'n gemeenskapliek onthaalarea met 'n groot ingeboude braaier buite en lekker baie sitplek.

Die gemeenskaplike area buite het 'n swembad, 'n speelplek met 'n klimraam vir kinders en braaigeriewe.

Fishermans house is naby die strand, restaurante, winkels, 'n kerk, 'n drankwinkel en 'n skoonheidsalon geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fishermans Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false