Kliprug Akkommodasie by Flamingo | LekkeSlaap
+22

Flamingo

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nr. 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Flamingo is 'n vissershuisie in Paternoster, een van die oudste vissersdorpies langs die Weskus. Die kothuis is 100 m van die strand af, en dit kan soms besig en raserig gedurende die vakansietye en langnaweke raak.

Die kothuis het 2 goed ingerigte slaapkamers en kan 4 gaste akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser en elektriese stoof en -oond. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele en 'n kaggel. Daar is 'n TV met volledige DStv. Daar is 'n patio met 'n buite-braai waar jy lekker in die son kan ontspan terwyl jy die uitsig geniet. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Let daarop dat rook verbode is en troeteldiere nie toegelaat word nie.

Paternoster is 'n bekoorlike dorpie met tradisionele vissershuisies en ongerepte strande. Wanneer die mis van die see af instoot kan die mishoring gehoor word wat bydra tot Paternoster se romantiese atmosfeer. Die dorpie se restaurante bied heerlike seekosdisse en die omgewing wemel van see-bedrywighede. Avontuurlustiges kan hier kom branderplankry, snorkel, skubaduik, seilplankry, kayakvaart en rustig langs die strand stap.

Vanaf Julie tot Desember kan walvisse en dolfyne gesien word en Augustus tot Oktober is blommeseisoen. Paternoster is net 8 km vanaf die Columbine Natuurreservaat of gaste kan 'n daguitstappie na die Weskus Fossielpark, Weskus Nasionale Park of Bergriviermond onderneem.

Slaapplek

’n Bespreking by Flamingo sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 6 resensies vir Flamingo
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Nr. 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Flamingo het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nr. 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGoxkmIGjKcTFQPH88s5lG4he4ixz6uw4fkD1yDxntk7E6Fstgq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 4) 6 5 1 4 No 15 Die Kom 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.80900457837 17.890236228704
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za