Fleetwood On Sea Nr 32

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleetwood On Sea is 'n strandfront-kompleks in Umhlanga Rocks. Die selfsorg-woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers met volle see-uitsig en daar is slaapplek vir 4 gaste. Albei slaapkamers en die woonkamer maak op 'n 10 meter balkon oop met private braaigeriewe wat oor die oseaan en promenade kyk.

Hierdie moderne woonstel is volledig ingerig met 2 dubbelslaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer, -kombuisarea en 'n groot balkon.

Die kompleks spog met 'n pragtige swembad. Die woonstel is volledig ingerig met handdoeke, linne, eetgerei, mikrogolfoond en stoof, ens. DStv word voorsien. Wasserygeriewe is op die perseel beskikbaar.

Umhlanga rocks: Die skouspelagtige Gateway winkelsentrum en Sibaya Casino is van die hoofaantreklikhede wat Umhlanga Rocks bied. Vir die buitelug-avonture is daar branderplankry, diepseevisvang, walvis- en dolfynkyk, skubaduik en mikroligtevlieg. Vir die ernstige gholfspeler is daar baie goeie gholfbane, almal binne 15 minute se ry van Umhlanga Rocks.

King Shaka Internasionale Lughawe is 23 km van Umhlanga Rocks waar motor-huur beskikbaar is.

Die woonstel is rolstoelvriendelik (geen trappe of hysbak na die eenheid, die parkeerplek, wat op dieselfde vlak is, is ongeveer 3 m van die voordeur, beide badkamers het handrelings aan die kante.

Slaapplek

'n Bespreking by Fleetwood On Sea Nr 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fleetwood On Sea Nr 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za