17 Fleur Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleur Park No 17 is deel van die Fleur Park Vakansieoord in die bekoorlike dorpie, Gordonsbaai. Dis reg langs Harbour Island en sy lekker Marina-atmosfeer geleë. Daar is 'n groot verskeidenheid restaurante teen die water by die Marina waarvan gaste kan kies en die goeie nuus is dat dit stapafstand van die kothuis af is.

Die eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede het 2 enkelbeddens en daar is 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy kan nodig kry en die kombuis het ook 'n ontbythoekie. Die oopplan-leefarea het 'n strandstyl-sitkamer en -eetarea met 'n enkelbed vir 1 ekstra persoon.

Daar is 'n beskutte onderdakbraaiplek met sitplek vir 6 mense waar gaste op soel someraande kan ontspan. Bring asseblief jou eie braairooster en -toebehore saam. Die veranda bied 'n beeldskone uitsig oor die see.

Die rotse is die ideale visvangplek en is slegs 'n hanetreetjie van die kothuis af. Daar is 'n hele rits doendinge in die omgewing, alles net 'n paar minute se ry van Fleur Park af. Die eenheid is omtrent 20 meter van die strand af. Die middedorp is ook net 'n paar minute se ry daarvandaan. Ander geriewe in die omgewing sluit in: inkopies, gimnasium, geskenkwinkels, swemplekke en nog baie meer.

Slaapplek

'n Bespreking by 17 Fleur Park sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 17 Fleur Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za