Flight of the Eagle @ Kruger
Kry 30% af vir verblyf voor 31 Julie 2022
-
Voorkeurvennoot
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 810R2 667 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Flight of the Eagle @ Kruger is in Marlothpark, 'n bewaringsgebied, aan die suidelike oewer van die Krugerwildtuin geleë. Wild loop vrylik in die area rond en Flight of the Eagle @ Kruger is sowat 50 treë vanaf die Krugerwildtuin se heining. Gereelde besoekers sluit koedoes, impalas, grysduikers, bosbokkies, njalas, vlakvarke, muishonde, kameelperde, volstruise, nagapies en vele meer in. Die ruim luukse huis is slegs 15 km vanaf die Krugerwildtuin en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 klein kindertjies.
Dié huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Gehaltebeddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is ook 'n dagbed vir 1 kind of 2 klein kinders wat deel (3 tot 4 jaar oud).
Die sitkamer het gemaklike leerbanke. Daar is 'n TV met Netflix en gratis WiFi - gaste kan op hul persoonlike ander subskripsies inskakel.
Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n sesplaatgasstoof, elektriese oond, dubbeldeuryskas-vrieskas en 'n eet-area met oorgenoeg sitplek.
Gaste kan die swembad, boma met 'n braai-area en 'n vuurput benut. Die onthaalarea is hoër geleë en het 'n lieflike uitsig. Vroegoggend en laatmiddag kom kuier verskeie voëlspesies graag tot teen die patio.
Let asseblief daarop dat die swembad nie 'n veiligheidsnet het nie en dat kinders en volwassenes wat nie kan swem nie altyd onder toesig moet wees.
Slaapplek
’n Bespreking by Flight of the Eagle @ Kruger sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
- Gaste dink Flight of the Eagle @ Kruger het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom