L'Agulhas Akkommodasie by Flip Flops | LekkeSlaap
+21

Flip Flops

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 123 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Flip Flops is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis met slaapplek vir 6 gaste, slegs 200 m van die see af in Agulhas, die mees Suidelikste dorpie in Afrika.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en deel 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort. 'n Buitestort met warm water is ook beskikbaar. Die kamer het elk 'n dubbelbed en beddegoed word voorsien. Daar is 'n slaapbank in die sitarea wat nog 2 kinders kan akkommodeer. Laat asb. vooraf weet sodat die beddegoed voorsien kan word. Gaste moet asb. hulle eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV. Verniet TV-kanale is beskikbaar, maar indien gaste DStv wil kyk, moet hulle asb. hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Ongelukkig is daar nie enige koppelpunte vir PVR- of enige ander slim dekodeerders nie.

Gaste het toegang tot 2 vuurmaakplekke buite; 1 aan die voorkant van die huis en nog een aan die agterkant van die huis. Troeteldiere is welkom mits vooraf gereël word.

Die huis het ’n alarmstelsel en beskik oor WiFi.

Gaste kan ontspan, visvang en swem in die rotspoel in L'Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika besoek of die vuurtoring uitklim en die asemrowende uitsig bewonder. Daar is verskeie doendinge, soos restaurante, strande, swem, fietsry, perdry, bergfietsroetes, visvang, voetslaanroetes, walviskyk, duik tussen skeepswrakke en vele meer.

Slaapplek

’n Bespreking by Flip Flops sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir Flip Flops
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Flip Flops het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 123
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 123
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA367bff613e850c77213b81c149432eda3fc3b269a1ac937412748ee67773e4a213131f2a23b0931de221be064bbd31cf1f8e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 123  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 7 Wessel Street L'Agulhas 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.821322 20.024917
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za