Fly me to the Moon Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fly me to the Moon is net buite Mosselbaai, op 'n heuwel wat uitsigte oor die dorp, die kuslyn en Outeniekwaberge bied. Dié villa het 6 groot gastekamers, elkeen met wonderlike uitsigte waar jy 'n luukse, moderne atmosfeer kan verwag vir 'n heerlike, rustige wegbreek. Welkom by Fly me to the Moon, jou tuiste weg van die huis in Mosselbaai.

Die gastehuis het 'n keur van beeldskone kamers. Elkeen het 'n subtiele tema, van die verfrissende kleure in die Kingfisher-kamer, tot die mahonie-skakerings van die Cuba-kamer. Elke kamer is toegerus met 'n massiewe koninggrootte-bed of 'n koningingrootte-bed. Ten spyte van die grootte van die beddens, het elke kamer meer as genoeg ruimte om rond te beweeg, met volledige, privaat en suite-badkamers en 'n gemaklike leefarea waar jy die beeldskone uitsigte kan geniet of ontspan met 'n boek. Elke kamer het ook toegang tot gratis, onbeperkte WiFi, 'n platskerm-TV met DStv en DVD-spelers, en ook 'n yskassie met peuselhappies. Die badkamers is toegerus met haardroërs en toiletware vir jou gerief. Van die kamers het ook privaat balkonne met chaise longues waarop jy kan ontspan. Ontbyt is ingesluit by die tarief.

Die luukse van die kamers spoel oor na die res van die huis met verskeie leef- en woonkamers, 'n kombuis met lieflike houtafwerking en moderne toestelle, en 'n lekker kroeg waar jy ons groot verskeidenheid wyne kan geniet. Vir die jongspan is daar 'n speelkamer met gemaklike sitsakke, waar hulle heerlik in die middag kan speel. Of ontspan in die son en vars lug saam met jou gesin terwyl julle braai, omring deur die manjifieke uitsigte van die omliggende omgewing. Ons bied veilige parkeerplekke sowel as 24 uur-sekuriteit.

Mik na Mosselbaai vir heelwat besienswaardighede langs die Tuinroete, restaurante, winkels en natuurlik die strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fly Me To The Moon Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 070 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false