Forest Dawn Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Dawn Lodge is sowat 12 km buite die dorpie Dullstroom geleë en dit bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n produserende plaas. Die lodge is ideaal vir groepe of gesinne en vriende wat op soek is na 'n naweek van voetslaan, forelhengel, bergfietsry en voëlkyk.

Daar is slaapplek vir tot 14 mense by die lodge in 7 slaapkamers. Daar is en suite-badkamers by 5 van die kamers en 2 van die kamers beskik elkeen oor 'n dubbelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is 3 sitkamers en op koue winteraande kan gaste salig voor die kaggelvuur ontspan. Die lodge het ook sekere DStv-kanale.

Die kombuis is ten volle toegerus en in die man-grot is daar genoeg yskaste om drankies lekker koud te hou. Die 2 ingeboude braaiplekke bied die geleentheid om buite in die binnehof te braai of in die winter in die braaikamer te kuier. Daar is 'n skoonmaker wat daagliks beskikbaar is vir gaste en die fooi is na gaste se goeddunke.

Gaste kan visvang of die landskap bewonder terwyl hulle voetslaan of fietsry. Die denneplantasies op die eiendom is deel van die familieplaas wat al, saam met ander boerderysoorte, vir baie jare in bedryf is. Die lodge is ongeveer 3 ure se ry van Johannesburg of Pretoria af en dis net buite Dullstroom op die De Berg Pad. Gaste kan die Verlorenvallei Natuurreservaat besoek wat 'n RAMSAR-area vir die bewaring van gras- en vleilande verklaar is. Die reservaat is gewild onder toeriste vanweë die verskeidenheid plant- en diersoorte wat hier voorkom.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Dawn Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 900 per nag (vir 14 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za