Knysna Akkommodasie by Forest Harmony | LekkeSlaap
+122

Forest Harmony

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 02:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 94, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Forest Harmony bied rustieke verblyf wat nie van Eskom-elektrisiteit gebruik maak nie in die inheemse woudarea, Gouna, in die buitewyke van die Knysnawoud in die Tuinroete Nasionale Park. Geniet die stilte, vrede van die woud, die geroep van arende soggens en uile saans. Dié rustige toevlugsoord is 'n natuurliefhebber se droom.

Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede waaronder 2 tipi-tente, 'n koepeltent en 'n sandsak- of Hobbit-huis.

Die tipi-tent bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Gasstoof word ook voorsien. Die instansie is besig om houtvuurbaddens te installeer en sal teen Desember klaar wees.

Die koepeltent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, 'n kaggel, rusbank, etenstafel en 'n kombuisie.

Die Hobbit-huis komplimenteer die unieke aard van Forest Harmony se verblyf en het slaapplek vir 2 gaste in 'n regte Hobbit-huis. Daar is 'n koningingrootte-bed.

Die eenhede deel die gebruik van kompostoilette, 'n stort wat met sonkrag werk en 'n buitebad met water wat deur 'n vuur verhit word.

Ontbyt, aandete en piekniekmandjies is teen ekstra koste beskikbaar en dit moet vooraf bestel word. Hout is op die perseel beskikbaar.

Die gashere woon in hul eie koepeltent op die perseel en hulle deel graag hulle spasie met reisigers of diegene wat meer oor 'n holistiese en natuurvriendelike leefstyl wil leer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Forest Harmony
Netheid
4.3/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Plaas 94, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forest Harmony het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 02:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 94, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQ6JWK9EN5EuncBxc41jjmcLdEeip0Y6Cfz1tddgMZrszfStFJS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 Farm 94 Gouna 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 02:00-19:00 10:00 -33.962508 23.038478
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za