Forest Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Rest het 'n uitsig op die Hottentots Holland Berge en is in 'n klein sekuriteitskompleks in Somerset-Wes geleë.

Forest Rest bied 2 luukse eenhede. Eenheid 1 beskik oor 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer, en -kombuis en 'n aparte slaapkamer en 'n badkamer. Eenheid 2 is 'n ateljee-eenheid en beskik oor 'n oopplan-sitkamer, -kombuis, -slaapkamer en 'n aparte badkamer.

Elke eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het 'n privaat ingang. Die eenhede het koningingrootte-beddens, en suite-badkamers en linne en handdoeke word voorsien. Elke eenheid het 'n kluis, waaier, TV met DStv en WiFi. Daar is 'n kombuisie met 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Dié eenhede het elk 'n privaat stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar reg voor elke Eenheid. Gaste kan van die swembad gebruik maak en 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Forest Rest is in 'n rustige omgewing en is ideaal geleë om die omliggende wynlandgoed en strande te verken. Daar is verskeie ander besienswaardighede en doendinge in die omgewing, soos die verskeie gholfbane, restaurante en winkelsentrums, asook die Helderberg Natuurreservaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false