Formosa Bay Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Formosa Bay Resort is langs die N2 geleë, net 3 km vanaf Plettenbergbaai se bekende strand. Dit bied gehalte verblyf vir 'n gesin of vriendegroep wat op soek is na 'n lekker wegbreekplekkie in hierdie gunsteling-vakansiebestemming. Die oord is na aan alle geriewe en doendinge vir kinders van alle ouderdomme.

Ons bied akkommodasie vir 26 mense in 10 eenhede. Elke eenheid, behalwe The Suite, is ingerig vir selfsorg en beskik oor 'n ten volle toegeruste kombuis, braaigeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale, en beddegoed. Ontbyt is ingesluit by sommige van die eenhede.

'n Swembad, restaurante, veilige parkeerplek, en WiFi is beskikbaar op die perseel. En 'n daaglikse skoonmaakdiens word voorsien (Sondae en openbare vakansiedae uitgesluit).

Doendinge in die omgewing: visvang, voëlkyk, padfietsry, bergfietsry, en swem.

Gaste kan by die nuwe eetplek op die perseel gaan uiteet, De Vette Koek Restaurant and Farmstall.

Die gebruik van die braaigeriewe is beperk aan die eenhede wat dié geriewe by die eenheid self het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Formosa Bay Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false