Fort D' Acre Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fort D' Acre Reserve is 'n eksklusiewe, privaat wildreservaat teenaan die mond van die Groot Visrivier, sowat 25 km van Port Alfred af. Die unieke ligging bied uitgestrekte uitsigte oor die bos en kuslyn en nooi besoekers uit om teenstellende habitats van graslandbosveld, wilde kus en rivierbos te verken. Wildritte en safari's te perd in die reservaat bied die geleentheid om 19 wildsoorte te sien, waar onder Kaapse buffels en kameelperde.

Ons stylvolle safari-lodge met sy grasdak is elegant gemeubileer en wat 'n Afrika-atmosfeer uitstraal. Die en suite-slaapkamers het almal 'n wye uitsig oor die bos en die see. Ontspan in die pragtige en vreedsame inheemse tuin met sy groot koraalbome. Die binnenshuise eetarea met sy knetterende vure bied 'n gesellige alternatief in die aande. Te danke aan die luukse gemak van Fort D' Acre Reserve kan jy ontspan en die geselskap van bosveldwild en die walvisse en dolfyne geniet.

Die klimaat is subtropies, met gemiddelde nagtemperature in die winter van tot 21 ºC en die gemiddelde temperatuur kan tot 28 ºC styg, met wind wat gereeld tussen suidwes en suidoos wissel. Tydens die somermaande is kortbroeke en t-hemde aan die orde van die dag en in die winter het jy slegs 'n denim en 'n trui nodig. Die Oos-Kaap is 'n malaria-vrye gebied. Mediese hulp is egter net 'n telefoonoproep ver. Maak seker dat jy mediese versekering het, so ook enige medikasie wat jy kan nodig kry.

Onder op die strand is daar 'n nuwe lapa waar jy walvisse kan dophou, skemerkelkies drink en romantiese pieknieks geniet.

Fort D' Acre het 'n fantastiese trou-venue wat plek vir 200 gaste het in 'n opgeknapte stoor wat 'n rustieke plaas-atmosfeer skep met 'n tikkie glans.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fort D' Acre Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za