Framesby Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom geniet verblyf by Framesby Guesthouse, geleë in een van die rustigste en veiligste woonbuurte van Port Elizabeth.

Gaste kan van ons ruim en ten volle toegeruste kombuis gebruik maak vir selfsorg-doeleindes, of gooi 'n vleisie op die binne- of buitebraaiplek by die swembad. Terwyl die ouers met die kos doenig is, kan die kinders heerlik 'n potjie tafeltennis geniet in die ruim vermaakkamer / eetkamer. Daar is ook genoeg parkeerplek beskikbaar.

Die kamers is pragtig versier met koninggrootte-beddens of enkelbeddens. Die gastehuis bied 'n swembad, binne- en buitebraaigeriewe, gratis WiFi en onderdakparkeerplek. Die gastehuis is naby Sunridge Village, 'n baie gewilde winkelsentrum in Port Elizabeth. Hier kan gaste inkopies doen, van die wasgoeddienste gebruik maak, haarsalon toe gaan, in die klerewinkels rondsnuffel, 'n maaltyd by 'n restaurant geniet of brandstof in jou kar gooi.

Al die kamers beskik oor 'n mikrogolfoond, WiFi, yskas, DStv en koffie- en teemaakgeriewe.

Daar is 'n skoonheidsalon op die perseel wat die volgende bied: waks, naels, massering, sonbed, hand- en voetbehandeling, gesigsbehandeling, en Afslankingsbehandelings.

Ons gerieflike vakansie-atmosfeer sal verseker dat gaste lekker kuier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Framesby Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za