Fraserburg Accommodation
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 9, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fraserburg Accommodation bied verblyf in 'n netjiese selfsorg-eenheid op 'n residensiële perseel met 'n privaat ingang in Fraserburg. Die perseel is naby verskeie winkels, restaurante en kroeë en is die ideale plek om te stop, ontspan en dié Karoo-dorpie se atmosfeer te geniet.
Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. 'n Elektriese kombers en 'n verwarmer word voorsien vir die kouer aande en daar is 'n waaier vir die warmer aande. 'n Sluitkas word voorsien vir waardevolle items. Die badkamer het 'n instapstort, 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is toegerus met 'n lugbraaier, elektriese braaipan, George Forman-rooster, mikrogolf, broodrooster, ketel en 'n yskas. Daar is 'n eetarea met 2 stoele, asook 'n etenstafel met sitplek vir 2. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank met plek vir 2 klein kinders en 'n slim-TV om musiek en flieks te stroom op YouTube en Showmax. 'n Battery-aangedrewe Bluetooth-USB-luidspreker is beskikbaar en daar is speletjies en legkaarte om die gesin te vermaak.
Buite is 'n stoep met 'n piekniektafel en 'n vlekvrye buitebraai. Gratis braaihout word voorsien. Die eenheid is ook troeteldiervriendelik en daar is 'n privaat tuin vir kinders en troeteldiere om in te baljaar.
Die Jacuzzi in die tuin kan gebruik word teen ekstra koste, mits dit vooraf gereël is. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die perseel word met geslotekringtelevisie beveilig.
Daar is 'n haarsalon op die perseel wat haarkappingsdienste en "perms" aan beide mans en vrouens bied.
Slaapplek
’n Bespreking by Fraserburg Accommodation sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Voortrekkerstraat 9, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Gaste dink Fraserburg Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fraserburg Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 9, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom