Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Freedom O' Clock Backpackers Retreat

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mdumbi Riviermond, Mngcibe, 5140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Freedom O' Clock Backpackers Retreat is in 'n klein Pondo-dorpie naby die Mdumbi-riviermonding aan die Hluleka-kant van die rivier in Mngcibe geleë. Dié ongekunstelde akkommodasie aan die Wildekus bied 'n unieke wegbreekgeleentheid. Die uitsigte oor en toegang tot die strand maak dit die ideale bestemming vir natuurliefhebbers en buitelug-entoesiaste wat nie omgee om luukse geriewe prys te gee nie.

Ons bied akkommodasie rustieke, maar skoon en gerieflike kamers. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis met oorgenoeg yskasspasie en basiese kombuisware. Seekos mag ongelukkig nie in die vrieskaste gestoor word nie. Al die skuifdeure lei na die dek met die mooiste uitsigte oor die see, strand en rivier. Die kamers het kragpunte vir gaste se gerief. En die gemeenskaplike ablusiegeriewe het spoeltoilette en 'n "rocket shower" met warm water.

Doendinge by die oord sluit verkenning van die kristalhelder rotspoele in en daar is 'n hele paar sloepies wat veilig is vir visvang en snorkel. Die rivier het ongerepte wortelboommoerasse en mondings en bied geleenthede vir riviervisvang. Dit is ook 'n paar kilometer lank bevaarbaar. Branderplankryers kan van Tshani Point tot by Lwandile Point branderplankry. Albei is tops. Ons bied ook branderplankrylesse wat branderplanke insluit.

'n Verskeidenheid ander doendinge en besienswaardighede is beskikbaar in die omgewing en sluit die volgende in: staproetes na die Mapuzi-grotte, Koffiebaai, Secret Beach, Hluleka Natuurreservaat, kajakvaart, voëlkyk, inheemse bome bekyk en branderplankritte na Lwandile en Koffiebaai.

Getrou aan sy naam bied Freedom O' Clock jou die vryheid om te doen wat jy wil wanneer jy wil, selfs as jy niks wil doen nie. Jy kan heeldag op die strand lê, lees soveel soos jou hart begeer, net rondsit of net slaap.

Ons maak staat op sonkrag vir ligte en selfone laai, elektrisiteit vir die yskaste (daar is 'n gasyskas vir noodgevalle) en gas vir kook. Die storte is "rocket showers".

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir Freedom O' Clock Backpackers Retreat
Netheid
3.8/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Mdumbi Riviermond, Mngcibe, 5140, Oos-Kaap
  • Gaste dink Freedom O' Clock Backpackers Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mdumbi Wildekus Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mdumbi Riviermond, Mngcibe, 5140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c67f41017d4290f17bcdd58f6c1da9ab3983ce3ef7eb8d6315b833d3c10abe4019765fb4f408f5e5c93d4505d6d1f9122cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Mdumbi River Mouth Mngcibe 5140 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.926624447079 29.214292148479