Freek's Cottage Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Freek's Cottage is op 'n Karooplaas naby Murraysburg geleë. Hier kan jy wegbreek uit die stad se gejaag en met perde, skape, beeste, angorabokke en baie ander diere in aanraking kom. Kom en geniet ons gasvryheid, rustigheid en oop ruimtes.

Hierdie selfsorgkothuis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die badkamer beskik oor 'n stort, wasbak en 'n toilet en daar is 'n aparte gaste-toilet.

Die eenheid het ook 'n kombuis wat volledig toegerus is. Ander geriewe sluit 'n wasmasjien, binnebraai-area en 'n TV met plaaslike kanale in. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam indien jy DStv-toegang verkies. Buite is daar 'n lapa met braaigeriewe.

Jy kan selfs jou bergfiets saambring en die plaaspaadjies verken. As jy van varswatervisvang hou, kan jy in die dam kom lyn natmaak of jy kan voëlkyk, voetslaan of kanovaart (bring asb. jou eie kano). Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Freek's Cottage Farm sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Freek's Cottage Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za