Fuchsia Fantasy HL221

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fuchsia Fantasy HL221 is ’n moderne, pragtige, luukse dubbelverdiepinghuis in die gholf-area op die Simbithi Eko-landgoed, en bied asemrowende uitsigte oor die gholfbaan.

Simbithi is ’n veilige, gesinsvriendelike Eko-landgoed in die hartjie van Ballito, slegs 30 minute vanaf Durban en 20 minute van King Shaka Internasionale Lughawe af. Die Eko kant van die landgoed het 4 gemeenskapsentrums met swembaddens, ’n rugby-veld, mini-gholfbaan, piekniek-areas, braaigeriewe, stap- en fietsryroetes, ’n ruitersentrum en ’n ryk voël- en dierelewe.

Daar is ’n eksklusiewe 18 putjie-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is, saam met die Simbithi Buiteklub wat ’n kroeg, sitarea, gratis WiFi, die welbekende Fig Tree Restaurant en speelgrond vir die jongspan het.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers wat elk ’n en suite-badkamer het. Die eerste kamer het ’n koninggrootte-bed en die tweede, derde en vierde kamer het elk ’n koningingrootte-bed.

Daar is ’n oopplan-eetarea en -kombuis met opwasarea op die onderste verdieping. Die huis het ook ’n fliekteater waar gaste Netflix kan geniet. Die sitarea lei na die eerste vlak van die dek met ’n swembad, die tweede vlak het ’n Jacuzzi waar gaste ook ’n uitsig oor die gholfbaan het.

Slaapplek

'n Bespreking by Fuchsia Fantasy HL221 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fuchsia Fantasy HL221 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 340 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false