Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Full Circle Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: The Ghio Plaas 301, Erfdeel 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 230 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Full Circle Cottage is op 'n kleinhoewe aan die oewer van die Boesmansrivier en omring deur wildreservate. Dis sowat 16 km vanaf Kenton-on-Sea en vorm deel van die asemrowende Sonskynkus.

Die selfsorgkothuisie, wat deur sonkrag aangedryf word, het al die basiese benodigdhede vir gerieflike verblyf. Die 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n klein badkamer met 'n gasgeiser-stort, toilet en 'n wasbak.

Daar is 'n oopplan-kombuisie, -leefarea en -eetarea wat na 'n dek met 'n wonderlike uitsig oor die rivier en die omliggende bos lei. Daar is 'n TV met DStv Explora.

Full Circle is trots onafhanklik van die kragnetwerk en werk met sonkrag. Dit beteken egter dat daar beperkings is op wanneer sekere elektriese toebehore gebruik kan word. Sommige elektriese toebehore kan nie tussen sonsondergang en 1 of 2 ure ná sonsopkoms gebruik word nie. Daar is is genoeg batterykrag om die yskas, ligte, TV en WiFi aan die gang te hou. Daar is 'n kragopwekker vir bewolkte dae.

Die kombuisie is met 'n yskas, gasstoof, ketel, 'n potjiepot, plat gietyster broodpot, eetgerei, breekware, tee, koffie, melk en suiker toegerus. Roosterbrood kan op die gietysterplaat of in die kampbroodrooster gemaak word. Daar is 'n Weber en draagbare braaier.

Daar is 300 m se rivierfront voor die perseel sowat 120 m van die kothuis af. Die dek en jetty by die rivier is vir die uitsluitlike gebruik van die kothuis se gaste. Hulle het toegang tot verskeie toerusting, soos kanoes, paddle ski's, 'n staanroei en visstokke. Kabeljou, knorders en leerie is die visspesies wat meestal hier gevang word.

Bootritte of riviervisvang-uitstappies kan teen 'n ekstra koste gereël word. Die beskikbaarheid van die skipper, die getye en die weer kan 'n invloed op bootvaarte hê. Gaste kan hul eie bote saambring. Gaste wat hul eie bote wil bring moet asb. die gasheer in kennis stel.

Gaste kan ook op die perseel gaan stap. Fietsryers kan ook die paaie buite Full Circle gaan verken.

Honde is welkom teen 'n ekstra koste, mits daar vooraf gereël word en die gaste die dierebeleid aanvaar. Die bestuurders woon op die perseel saam met hulle honde wat in 'n spesifiek area toegemaak is en is beskikbaar om enige vrae te beantwoord of om raad te gee oor doendinge in die omgewing. Die gashere is ingestel op gaste se privaatheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Full Circle Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 15 resensies vir Full Circle Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 5

Ligging

  • The Ghio Plaas 301, Erfdeel 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Gaste dink Full Circle Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 230
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 230
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: The Ghio Plaas 301, Erfdeel 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANWLlNzlMXrMyQNZbJVL1upCZnSRSwRmMORjduZprvmdT2Kjj1X?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 230 per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 The Ghio Farm 301 Portion 9 6191 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -33.640030227055 26.574151100514
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem