Fundudzi Camp
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tshivhase Chief'Kraal, Vhembe-distrik, Tzaneen, 0464, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 070 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Fundudzi Cultural Camp is in die hartjie van die tradisionele Venda-omgewing aan die voet van die Luanameberge geleë. Dit is net bo die dorpie Mukumbani wat die ideale bestemming is as jy die streek se heilige plekke en tradisionele Venda-kuns en -kunsvlyt wil gaan ontdek.
Fundudzi Cultural Camp het 5 losstaande grasdak-rondawels wat elkeen oor 2 enkelbeddens, stoele en 'n bedtafeltjie beskik. Linne word nie by die tariewe ingesluit nie, maar kan teen ekstra koste gehuur word.
Die kombuis-, eet- en kampvuur-geriewe is gemeenskaplik en gee avonturiers die ideale geleentheid om ander soortgelyke gaste te ontmoet. Julle sal 'n gasstoof, kampvuur, yskas en vrieskas deel. Die nodige potte, breekware en eetgerei word ook voorsien. Spyseniering deur plaaslike inwoners kan gereël word ─ bestel asseblief vooraf wanneer jy bespreek. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe het spoeltoilette, storte en wasbakke.
Daar is geen elektrisiteit is nie en paraffien en sonkrag-lanterns word voorsien om saans lig te voorsien.
Diegene wat meer wil leer oor 'n paar van die plaaslike rituele kan 'n demonstrasie van die Domba-dans bywoon. 'n Luislang-dans kan ook vooraf gereël word vir vermaak saans.
Indien jy selfsorg verkies met jy asseblief jou eie braaihout bring. Alhoewel dit veilig is om te drink, hou sekere mense nie van die smaak van die plaaslike water nie, dus raai ons jou aan om jou eie gebottelde drinkwater ook saam te bring.
Mense wat Fundudzi besoek het die geleentheid om die pragtige omgewing eerstehands te ervaar. Die vallei is vreeslik vrugbaar met moderne teeplantasies, maar die regte juwele is die onbewerkte dele met woude, mere, riviere en watervalle. Die area bied verskeie dorpies en nedersettings met oorvloedige kunsvlyt wat Minwenda (tradisionele Venda-drag), Malungu (tradisionele krale) en Makunda (tradisionele armbande) insluit. Verskeie kunstenaars, pottebakkers en kunsvlytenaars werk in die area.
Let wel dat die grondpad slegs vir 4x4-voertuie gepas is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Tshivhase Chief'Kraal, Vhembe-distrik, Tzaneen, 0464, Limpopo
- Gaste dink Fundudzi Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tshivhase Chief'Kraal, Vhembe-distrik, Tzaneen, 0464, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom